Geloofsvorming is Lewensvorming
KLEIN-MEDIUM GEMEENTES - 2012
Modkats verskaf nie net geestelike handboeke nie. Ons doen ook baie navorsing, ontwikkel nuwe produkte en probeer die kerk dien met die jongste materiaal vir die geloofsvorming van kinders, jongmense en gesinne.
_____________________________________
Modkats het vanjaar, 2011 vir 2012, ons lisensiegelde met ongeveer 50% gesny, sodat gemeentes in staat is om al VIER die Modkats-programme te gebruik! Ja, ons wil graag sien dat julle gemeente die Voorskoolse-, die Junior- en die Senior-materiaal asook ALLES in die Gesinsbediening-pakket, “Hoopvolle Gesinne”, gebruik.
__________________________________
Gemeentes met 50 en minder kinders en jongmense
KAN OOK NOU IN DIE KORTING DEEL
R3,000 plus BTW vir al VIER die programme
___________________________________________________________________________________________
VOORDELE:
1. Vir lisensiegelde van net R3,000 plus BTW per jaar (R3,000 + R420 = R3,420) kan die hele gemeente TEN VOLLE inskakel by die Modkatsprojek.
2. Klein-medium gemeentes kan nou van al VIER die Modkats-programme gebruik maak:
Voorskools (peuters en kleuters), Juniors (graad 1-6),
Seniors (graad 7-11) asook "Hoopvolle Gesinne"! Dis fantasties!
3. Nou kan kinder- en jeugmentors, met entoesiasme en opgewondenheid, hulle gemeente se geloofsvormings-program dryf, want hulle weet die inhoud is Bybels-getrou, die aanpak is relevant en vir hulle plaaslike konteks in Afrikaans ontwikkel.
4. BELANGRIK; kinders-, jongmense en ouers kry van die begin-af 'n geheelbeeld van God se genadewerk soos die Bybel dit oordra.
5. Deur net byvoorbeeld R65 vir 'n DVD van 'n spesifieke graad se materiaal te betaal, kan al die inligting en materiaal van die graad bekom word. Gebruik die DVD om fotostate te maak van die materiaal wat benodig word! Dis nie nodig om geld op onnodige boeke en programme te mors nie...
6. Gemeentes kan ook boeke, CD's en DVD's bestel soos dit nodig is - teen die mees billike pryse, want die lisensiegelde help om die materiaal te subsideer.
7. Klein-medium gemeentes hoef nie in die duister rond te tas nie. Die Mentors-handleiding, "Die A-Z van Modkats vir Klein-Medium Gemeentes" is gratis beskikbaar en sal die kinder- en jeugmentors deur die verskillende prosesse begelei om Modkats effektief in die plaaslike gemeente te laat werk.8. Daar is GRATIS raad, opleiding en bystand ("mentoring" en "coaching") beskikbaar, deur gebruik te maak van ons opleiding vir kinder- en jeugmentors wat aanlyn (per internet) aangebied word.
9. Kry gratis toegang tot al die PREMIUM-materiaal wat Modkats vir alle lisensiehouers aanbied. Kinder- en jeudienste, video-clips vir boodskappe, artikels en video-opleiding, is maar sommige van die dienste wat ons verskaf - en daar word kort-kort nuwe materiaal bygevoeg.
10. Nou kan die jongmense in gemeentes van lisensiehouers vanaf 1 Januarie 2011 ook gratis toegang kry tot die moderne webtuiste vir TIENERS - www.modkats4U (nog nie aktief nie)
En dit alles net vir R3,000 plus BTW? JA, BESLIS.
Word deel van die 200 plus Afrikaanse gemeentes in die land wat vir sewe jaar al baat vind by MODKATS.
Want Modkats wil alle gelowiges toerus om te kan getuig:
Geloofsvorming is Lewensvorming!
Kontak ons gerus vir verdere navrae.
Ds Deon Kitching
(Modkats: Hoof)
Welkom by
Modkats
Vir meer inligting oor elke Modkats-program, gaan na die groep vir:
1. Voorskool 2. Juniors 3. Seniors 4. Hoopvolle Gesinne 5. Premium Materiaal
Is jy op soek na iets spesifieks?
Is daar inligting wat op die Modkats webtuiste verskyn, maar jy kry dit nie?
Die BRILJANTE verhaal van aanhou, vasbyt, oorwinning en bymekaar-staan van Emmanuel Kelly en sy familie! Gebruik dit vir preke, praatjies, gesprekke om die kombuistafel.. Kliek hier.
© 2012 Created by Modkats.